Welkom by Rooihuiskraal Voortrekker Kommando

Rooihuiskraal Voortrekker Kommando is deel van Die Voortrekkers, ʼn kultuurbeweging vir die Afrikanerjeug. Ons is geleë in Rooihuiskraal, Centurion en ons spanvergaderings vind elke Woensdag van 17:00 tot 18:15 plaas. U is baie welkom om enige vergadering by te woon indien u meer inligting wil bekom of selfs net eerstehandse ervaring wil beleef van wie en wat ons is. Ons kom by die NG Kerk, Rooihuiskraal te 140 Hofsanger Straat, Rooihuiskraal, Centurion bymekaar.

Ons waardes:

Moderne Afrikanerskap
Positiewe Burgerskap
Konsekwente Christenskap

Almal onderskryf deur Diensbare Leierskap

Nuutste Blog Artikels

  • FORMELE JAAROPENING 2019
    Ons formele jaaropening en ouerinligtingsaand het op 30 Januarie 2019 plaasgevind. Ons voel so geseënd om al die nuwe gesiggies te verwelkom. En dan ook natuurlik nog ‘n offisier. Baie welkom Neef Pieter Swart, wat by die ...lees verder
  • 2019 TEMAS
    Met ons Toekomsdrome tema hierdie jaar, gaan ons elke lid die geleentheid gun om bietjie hulle drome te deel. Ons is en bly positief, want ons weet ons Vader het klaar ons toekomsplanne vir ons uitgelê. Ons moet net stil raak in ...lees verder
  • 2019 WAATLEMOENFEES
    Ons jaarlikse waatlemoenfees is verseker ‘n hoogtepunt vir elke Voortrekker en hul maats. ‘n Lekker laf wees middag vir groot en klein. Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Ons het die jaar op 16 Januarie afgeskop ...lees verder
  • KUIFIE KOM KUIER!
    Rooihuiskraal Kommando het Kuifie se kuier baie geniet. Dit was ‘n warm dag en almal het te heerlik aan roomys gesmul!   Kuifie het ons weer van voor af deur sy avonture geneem en vertel hoe vriendelik en gasvry al die ...lees verder
  • OORDJOL 2018 – Wynproe en Wynaanbieding
    Wat ‘n belewenis! Pieter Swanepoel se wynaanbieding was uit die boonste rakke! Hy het ons in vervoering gehad met sy interessante en leersame staaltjies, en in trane gehad oor sy grappies. Van die desperate Sauvignon ...lees verder

Opkomende Aktiwiteite en Kampe

Daar is geen opkomende gebeurtenisse op die oomblik nie.

Teken aan vir ons “Aanstap Rooies” Nuusbrief

* moet ingevul word