2019 WAATLEMOENFEES

Ons jaarlikse waatlemoenfees is verseker ‘n hoogtepunt vir elke Voortrekker en hul maats.

‘n Lekker laf wees middag vir groot en klein. Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Ons het die jaar op 16 Januarie afgeskop met ‘n middag vol giggels en glimlagte.

En hoe wonderlik is dit nie om al die bekende en nuwe gesiggies elke jaar te sien nie!

Ons PD Jeugleiers, Jeandré en Reghard, het die oulikste waatlemoenfees-spel gereël. Twee spanne wat teen mekaar gedring het, elk met ‘n generaal wat hul gelyktydig moes oppas, maar ook die ander span se generaal uitsmeer. As iemand jou in die middel van jou rug gesmeer het, is jy uit vir die rondte, en as jou span generaal se rug gesmeer was, is die hele rondte verby. Almal het soveel pret gehad, dat ons heeltemal vergeet het om telling te hou. Ons fees was dus ‘n wen-wen vir ieder en elk!

Weens die watertekort het ons gevra dat elkeen ‘n bottel water van die huis af bring om die ergste taai af te was. Ons het gaatjies in die doppies gedruk, en dit was natuurlik hope sports om mekaar nat te spuit, offisiere inkluis 😛

Sê jou sê..

%d bloggers like this: