Afrikaans Verjaar: 144jaar

Afrikaans vier 144ste bestaansjaar

Afrikaans het 14 Augustus 2019, haar 144ste bestaansjaar gevier.

“Alhoewel die ontstaan van Afrikaans veel verder terug in die geskiedenis lê, het agt mans op 14 Augustus 1875 in die Paarl vergader om die Genootskap van Regte Afrikaners te stig.” – HL Danie Langner

Hierdie besonderse dag het op ‘n Woensdag geval, die dag van die week wanneer ons kommando bymekaarkom. En NATUURLIK moes ons hierdie geleentheid vier en Racheltjie de Beer het vir ons ‘n gedig kom voorlees.

Ons het selfs ‘n verjaarsdagmaat gehad wat saam met Afrikaans verjaar. Hoe spesiaal is dit nie!

Baie geluk aan Jeandré van die Renosterspan! Mag die Here al jou toekomsdrome laat waar word.

Baie geluk aan die lekkerste, pragtigste taal wat ons ken: Afrikaans BO!

Kliek hier om die video te kyk waar ons vir Afrikaans sing.

Sê jou sê..

%d bloggers like this: