Algemeen

Rooihuiskraal Voortrekkers vier 30ste bestaansjaar!

Tydens die grendeltydperk, lê ons Voortrekkers se grootste verlange na die samesyn met ons mede-Vories. Ons harte roep na ons vakansiekampe in die bosveld en by die damme en see. Ons is so effens hartseer dat ons nie saam as kommando ons 30ste verjaarsdag met ‘n groot makietie en braai […]

Moedertaaldag 2020 – Afrikaans is ons hartklop!

Kom deel jou gunsteling Afrikaanse woord of sê-goed, ter viering van Afrikaans as jou moedertaal.   Internasionale Moedertaaldag, word jaarliks wêreldwyd op 21 Februarie gevier. Dit is ‘n inisiatief deur die Verenigde Nasies om bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidenheid en veeltaligheid te bevorder.

Ons bord is op!!

Met groot opgewondenheid in die lug, het ons 19 Februarie, ons bord ontvang en opgesit by die perseel waar ons bymekaarkom. Nou kan almal sien waar en hoe laat ons heerlik saam kuier elke week. Ons wil graag die volgende bedankings deurgee: Aan Rooihuiskraal NG Kerk gemeente, wat ons die […]

2020 Waatlemoenfees

Heerlike weer, soet waatlemoene, energieke kinders! Nou dit is wat ‘n waatlemoenfees suksesvol maak. Na die elle-lange Desember vakansie is dit so lekker om weer saam jou maats te baljaar en sommer ‘n paar nuwes ook te maak. Dankie aan elkeen wat die middag saam ons geniet het en BAIE […]

Voortrekkers is vir die hele gesin!

Met die 2019 Oordjol van Monument Voortrekkers, was dit net weereens bewys dat die hele gesin Voortrekkers saam kan geniet. Hierdie jaar se tema was: PaSSSop Sop – Speletjies – Sjokolades Ons almal het in klein spanne verdeel, van 2-4 persone per span en elke 20 minute geroteer. Party was […]

Afrikaans vier 144ste bestaansjaar

Afrikaans Verjaar: 144jaar

Afrikaans het 14 Augustus 2019, haar 144ste bestaansjaar gevier. “Alhoewel die ontstaan van Afrikaans veel verder terug in die geskiedenis lê, het agt mans op 14 Augustus 1875 in die Paarl vergader om die Genootskap van Regte Afrikaners te stig.” – HL Danie Langner Hierdie besonderse dag het op ‘n Woensdag […]

2019 TEMAS

Met ons Toekomsdrome tema hierdie jaar, gaan ons elke lid die geleentheid gun om bietjie hulle drome te deel. Ons is en bly positief, want ons weet ons Vader het klaar ons toekomsplanne vir ons uitgelê. Ons moet net stil raak in Sy teenwoordigheid sodat Hy dit aan ons kan […]

2019 WAATLEMOENFEES

Ons jaarlikse waatlemoenfees is verseker ‘n hoogtepunt vir elke Voortrekker en hul maats. ‘n Lekker laf wees middag vir groot en klein. Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Ons het die jaar op 16 Januarie afgeskop met ‘n middag vol giggels en glimlagte. En hoe wonderlik is dit nie om […]

KUIFIE KOM KUIER!

Rooihuiskraal Kommando het Kuifie se kuier baie geniet. Dit was ‘n warm dag en almal het te heerlik aan roomys gesmul!   Kuifie het ons weer van voor af deur sy avonture geneem en vertel hoe vriendelik en gasvry al die Voortrekkers op sy roete was en hy is baie […]

Museum Oorslaap – Ditsong Nasionale Museum van Natuurlike Geskiedenis

Die museum oorslaap is ‘n jaarlikse hoogtepunt vir enige Penkop en Drawwertjie, met ‘n program vol pret en plesier! Ons maats leer natuurlik ook baie van al die verskillende diere. Vanaf die kleinste insek tot die voëls in die lug en al die groot diere wat in die see en […]