Dokumentasie

Knope: Kniehalterslag
Die Kniehalterslag word gebruik om ‘n tou stewig aan ‘n paal te slaan sodat beide punte nog vry is. Dit word dikwels by vlagpale en kampgeriewe gebruik. Dit is ook die slag wat gebruik word om donkies, perde of beeste te kniehalter sodat hulle nie kan weghardloop nie.

Knope: Skuifknoop
Die skuifknoop word gebruik om enige twee los punte stewig aanmekaar te knoop met ‘n knoop wat nie ‘n knop maak nie en met ander woorde plat is. Ideaal vir die gebruik by noodhulp.

Knope: Kruisvaswoel
Die Kruisvaswoel word gebruik om ‘n dwarsstok stewig aan ‘n regop paal vas te maak. Dit word ook gebruik vir die maak van kampmeubels en om ‘n hanggerief aan ‘n tentpaal vas te sit.

PD Graadwielboeke (Graad 0 tot 7)
Kliek op onderstaande skakels om die respektiewe werkboek oop te maak om af te laai of te druk. Werkboek Graad 0 Werkboek Graad 1 Werkboek Graad 2 Werkboek Graad 3 Werkboek Graad 4 Werkboek Graad 5 Werkboek Graad 6 & 7

Die Voortrekker Wapen
Die Voortrekker Wapen Beskikbaar vir aflaai in kleur en swart-en-wit vir die gebruik van spanaktiwiteite. Laat die kinders dit inkleur, versier, mosaiek of selfs verf op papier, canvas of lap. Vir ‘n 3D projek, laat hul die wapen uit klei bou, of verskillende kleure papier of sneespapier bolletjies rol en […]