Algemeen

Voortrekkers is vir die hele gesin!

Met die 2019 Oordjol van Monument Voortrekkers, was dit net weereens bewys dat die hele gesin Voortrekkers saam kan geniet. Hierdie jaar se tema was: PaSSSop Sop – Speletjies – Sjokolades Ons almal het in klein spanne verdeel, van 2-4 persone per span en elke 20 minute geroteer. Party was […]

FORMELE JAAROPENING 2019

Ons formele jaaropening en ouerinligtingsaand het op 30 Januarie 2019 plaasgevind. Ons voel so geseënd om al die nuwe gesiggies te verwelkom. En dan ook natuurlik nog ‘n offisier. Baie welkom Neef Pieter Swart, wat by die Graad 2’s gaan inskakel. Die Graad 6 en 7s het die seremonie gereël […]

OORDJOL 2018 – Wynproe en Wynaanbieding

Wat ‘n belewenis! Pieter Swanepoel se wynaanbieding was uit die boonste rakke! Hy het ons in vervoering gehad met sy interessante en leersame staaltjies, en in trane gehad oor sy grappies. Van die desperate Sauvignon Blanc, tot die fyngevoelige Merlot, was ons op 7 reuk-en-smaak sensasies meegevoer.

Oordjol 2018 is om die draai!

OORDJOL 2018 – WYNPROE EN WYNAANBIEDING Alle Voortrekker ouers en offisiere word hartlik uitgenooi na die Oordjol op 18 Augustus 2018 by Sytze Wierda Voortrekkersaal, 149 Friederichestraat, Wierdapark. TEMA: Wingerde TYD: 18h30 vir 19h00 Die aand skop af met ‘n wynproe en wynaanbieding met Pieter Swanepoel. Daarna heerlik saam kuier en […]

Rooihuiskraal 2018 Inlywing Seremonie : Aanstap Rooies! Vorentoe!

Rooihuiskraal Voortrekkerkommando verwelkoming al ons nuwe jeuglede, offisiere en ouers. Ons het al maande heerlik saam gekuier en is julle almal reeds deel van ons Voortrekker familie, mag julle nog jare se pret en plesier saam ons geniet. Ons tema vir hierdie jaar se inlywingseremonie is Aanstap Rooies! Vorentoe! Aanstap […]

Oordjol ‘n Groot Sukses

Ons het die afgelope naweek ons Oordjol gehad en wat ‘n heerlike samesyn was dit nie. Met ‘n tema soos ” ‘n Proe om die Wêreld” kon mens nie anders as lekker eet en heerlik kuier nie. Van die BBQ Meatballs van Australië tot die Moonshine van Amerika! Dit was […]

Oord Monument – Volwassene Jol

Dis weer tyd vir die jaarlikse OordJol! Dis ‘n heerlike samesyn geleentheid wat een keer ‘n jaar gehou word vir al Oord Monument se ouers en offisiere. Pret aktiwiteite vir die volwassenes en lekker kos van regoor die wêreld! Die tema hierdie jaar is – ‘n Proe om die wêreld. […]