Kommando weer op dreef

Tydens 2016 het ‘n paar offisiere onderskeidelik van Sesmylspruit en Sytze Wierda Kommando’s, bymekaar gekom en Rooihuiskraal Kommando weer op die been gebring. Die volgende persone sal vir altyd in die geskiedenis van Rooihuiskraal onthou word, vir hul onbaatsugtige liefdesdaad en ywer om ons Rooies se fakkel na byne 4 jaar van stilte, weer helder te laat brand.

Philip de Kock – Sesmylspruit
Jaconette de Kock – Sesmylspruit
Anita Dreyer – Sytze Wierda
Sonett Laubscher – Sytze Wierda, oorgeplaas na Rooihuiskraal sedert 2016.