Die Voortrekker Wapen

OFFISIERE HULPMIDDEL – Die Voortrekker Wapen
Beskikbaar vir aflaai in kleur en swart-en-wit vir die gebruik van spanaktiwiteite.

Laat die kinders dit inkleur, versier, mosaiek of selfs verf op papier, canvas of lap. Vir ‘n 3D projek, laat hul die wapen uit klei bou, of verskillende kleure papier of sneespapier bolletjies rol en plak. Enigiets is moontlik, solank hul leer waaruit ons wapen bestaan en wat elke deel daarvan beteken. (sien samestelling van wapen onder)

Spanne kan selfs stokkies, klippies, sand, pasta, knope ens. gebruik en die wapen daarmee uitlê. Jy is slegs beperk tot jou verbeelding!

PDF formaat: (kliek op onderstaande om af te laai)

JPG formaat: (kliek op onderstaande om af te laai)

Die samestelling van die wapen:
Die Voortrekkerwapen is uit drie dele, elk met sy eie simboliek, saamgestel. Die kleure van die Voortrekkervlag word ook in die wapen gebruik. Die wapen moet ALTYD in sy geheel gebruik word.

Die wiel – Die wiel is die voorwiel van ‘n kakebeenwa en bind ons aan die Groot Trek. Dit dui op beweging en vooruitgang en help om die wa op koers te hou. Die Voortrekkers moet steeds vorentoe beweeg, ontwikkel en aanpassings maak. Die tien speke van die wiel verteenwoordig ook die 10 reëls van die Voortrekkerkode.

Die fakkel – As ‘n mens vir God werklik ken en liefhet, leef jy só dat ander kan sien dat jy ‘n Christen is. Daardie manier van “leef” het die Voortrekkers van die Groot Trek met hulle saamgeneem toe hulle die onbekende in getrek het. Aangesien hulle ook aan ander van God vertel het en opgetree het soos God wil hê, het hul die lig ook aan ander gegee. In die Voortrekkerwapen word die lig deur die fakkel voorgestel. ‘n Vlam versprei lig en daarom moet ons as Voortrekkers ook ons kennis en ons liefde vir God en ons land, na ander rondom ons versprei. Vandag se Voortrekkers kan ‘n verskil maak as ons bereid is om ons Christelike en Afrikaner lig te laat skyn.

Die leuse – Vir die Voortrekkers van die Groot Trek was die Bybel die belangrikste boek, want die Bybel het bepaal hoe hulle moes optree. Vandag is die Bybel nog vir ons soos ‘n kompas wat vir ons die rigting aandui. As jy die rigting volg wat ‘n kompas aandui, sê ons jy hou koers.

Sê jou sê..

%d bloggers like this: