FORMELE JAAROPENING 2019

Ons formele jaaropening en ouerinligtingsaand het op 30 Januarie 2019 plaasgevind.

Ons voel so geseënd om al die nuwe gesiggies te verwelkom.

En dan ook natuurlik nog ‘n offisier. Baie welkom Neef Pieter Swart, wat by die Graad 2’s gaan inskakel.

Die Graad 6 en 7s het die seremonie gereël en behartig. Hulle begin sommer vroeg al regmaak vir Voorslag!

Die wind was effens van ‘n uitdaging gedurende die seremonie, maar ons Graad 6 Penkoppe het hul goed van hul taak kwyt gemaak.

Dit was ‘n besige maar vrugtevolle middag. Na die opening het ons spanvergadering gehad en daarna met die ouers gesels, terwyl die PD’s lekker speletjies gespeel het.

Dit maak ons harte warm om te sien daar is nog baie belangstelling in Die Voortrekkers. En met die jaar se Voortrekker tema: Voortrekkers Digitaal, tesame met ons kommando tema: Toekomsdrome, beplan ons baie aanlyn bemarking.

Ons sien uit na ‘n wonderlike jaar en vra ons Vader wat in die Hemel is, om ons op koers te hou!

Sê jou sê..

%d bloggers like this: