Laai Gebeuree

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

Meriete-aand 2019

27 November @ 18:00 - 20:00

Rooihuiskraal Voortrekkers se meriete-aand en jaarafsluitingsfunksie, vind plaas op Woensdag, 27 November 2019.

Die NG Kerk, Rooihuiskraal, was ons goedgesind en het vir ons toestemming gegee om ‘n bord op te laat sit, teen die palisade, langs die hek wat ons gebruik. Die bord se koste beloop R600. Om hierdie koste te dek, en ook ons Voorslagfonds vir volgende jaar weer te begin aanvul, gaan ons worsrolle verkoop teen R25 elk.

VOORAF bestellings is baie belangrik. Ons vra asb dat u VOOR 20 November, u bestellings plaas. Vir gerieflikheidsonthalwe tydens die aand, kan die betalings vooraf via EFT in ons RHK rekening betaal word. (Kontant op die aand kan ook geskied). Gebruik ASB verwysing as volg: u van, gevolg deur aantal worsrolle. VOORBEELD: MANS6

Gebruik asb die Bestelling en Getalle Registrasie vorm onder aan hierdie artikel om aan te dui hoeveel volwassenes en kinders gaan die geleentheid bywoon, asook die aantal worsrolle wat jul wil bestel.

Saam met die afsluiting vorder ons ook klere in, wat ons dan die aand aan die kerk gaan oorhandig vir hul klere-donasie projek.
Bring asb enige klere wat die kaste onnodig vol lê.

Hoofprogram vir die aand:
17:00 – Alle Rooihuiskaal Voortrekkerlede kom in Formele drag. Individuele en span-fotos gaan geneem word.

Daar sal koffie/koeldrank bedien word vanaf 17:40
Deure open om 18:00 vir 18:15

Na afloop van die merietefunksie, sal daar tydens die samesyn, weer koffie/koeldrank bedien word saam die worsrolle.

GETALLE REGISTRASIE EN WORSROL BESTELLINGS::

Kliek hier om vorm te wys/versteek

Tribe Loading Animation Image

Besonderhede

Datum:
27 November
Tyd:
18:00 - 20:00
Gebeurteniskategorie:

Plekke

NG Kerk Rooihuiskraal
140 Hofsanger
Centurion, Gauteng 0157 South Africa
+ Google Kaart

One thought on “Meriete-aand 2019”

Sê jou sê..

%d bloggers like this: