
- Hierdie gebeurtenis is al verby
Venterskroon Kamp
28 September 2018 @ 16:00 - 2 Oktober 2018 @ 13:00

September is om die draai en dan is dit weer tyd vir Venterskroon!
Die kamptema vir 2018 is “Ons Koning Kom!“
Hul vier vanjaar 40 jaar van seën op Venterskroon!!!!!
GRAAD | SPESIALISASIE |
Graad 1 | Junior kok |
Graad 2 | Veldkook of Dierewaarneming |
Graad 3 | Toeka of Spoorkennis |
Graad 4 | Gasheer/Gasvrou of Plantekennis of Vasbyt |
Graad 5 | Touwerk of Boeresport of Weerkennis |
Graad 6 | Kommunikasie of Spoorsny |
Graad 7 | Avontuur |
Hierby aangeheg is die uitnodigings en inskrywingsvorms vir die Venterskroon feeskamp vir Penkoppe en Drawwertjies.
Handig die voltooide inskrywingsvorm in by jou spanoffisier of kommandoleier.
Sluitingsdatum vir inskrywings : 8 September 2018.
Venterskroon kampbrief vir Penkop en drawwertjies
Venterskroon Algemene inpaklys
Venterskroon Vorm A – Inskrywingsvorm vir Penkop en drawwertjies
Venterskroon Vorm B – Inskrywingsvorm vir Volwassenes
Venterskroon Vorm C – Inskrywingsvorm vir Verkenners
Venterskroon Vorm D – Inskrywingsvorm vir Halfkroontjies
Kampdatum: 28 September 2018 – 02 Oktober 2018
Registrasie: Vrydag 28 September 16:00 – 18:00
Afsluiting: Dinsdag 02 Oktober om 12:00
Plek: Venterskroon Jeugkampterrein van die Ned. Hervormde Kerk
(tussen Potchefstroom en Parys) (S26º53.016’ EO27º16.120’)
Inskrywings: Registrasie vir die kamp vind plaas deur die Kommando of ouers kan die voortrekkers inskryf op Venterskroon se webblad: https://www.venterskroonkamp.co.za deur net die instruksies op die webblad te volg. Verwittig asb jul kommandoleier of spanoffisier van die elektroniese inskrywing. Kampgelde word aan die Kommando oorbetaal, Kommando betaal globaal oor aan kamp organiseerders.
Navrae
Navrae kan gerig word aan Kampleier, Annemie Hall, 082 494 8305 / hall.annemie@gmail.com
Adjunk Kampleier admin: Louis Keyser, 083 308 1757 / venterskroon@gmail.com
Adjunk Kampleier admin / Logistiek: Stiaan Van der Merwe, 083 805 1063