Laai Gebeuree

« All Gebeure

  • Hierdie gebeurtenis is al verby

Formele Jaaropening en Opedag

29 Januarie @ 17:00 - 19:00

Rooihuiskraal se formele jaaropening en opedag, waarby ons met ‘n pragtige vlagseremonie die nuwe jaar open.
 
Alle Voortrekkers kom in hul Formele Voortrekkerdrag. Kom kyk gerus hoe netjies almal lyk. Moenie skaam wees om die kinders te vra waarvoor al die kentekens op hul baadjies is nie, hul geniet dit terdeë om vir almal te vertel wat hulle alles geleer het.
 
Ons gaan op die dag een spesialisasie (kenteken) per graad uitstal. Kom vind uit watter wonderlike vaardighede word die kinders geleer.
 
Daar is heelwat spesialisasies per graad wat soveel aspekte bevat. Daar is om te leer kos maak, oor veiligheid, lewensvaardighede, Godsdiens, handvaardighede, natuurlewe, kampering, kommunikasie, net om ‘n paar te noem.
 
Die vlagseremonie begin stiptelik om 17:15 en ons nooi almal om dit te kom bywoon!

Besonderhede

Datum:
29 Januarie
Tyd:
17:00 - 19:00
Gebeurteniskategorie:

Plekke

Rooihuiskraal Voortrekkerkommando
Rooihuiskraal Voortrekker Kommando, Hofsanger Road, Rooihuiskraal, Centurion Gauteng 0157 South Africa + Google Kaart

Sê jou sê..

%d bloggers like this: