KUIFIE KOM KUIER!

Rooihuiskraal Kommando het Kuifie se kuier baie geniet. Dit was ‘n warm dag en almal het te heerlik aan roomys gesmul!
 
Kuifie het ons weer van voor af deur sy avonture geneem en vertel hoe vriendelik en gasvry al die Voortrekkers op sy roete was en hy is baie opgewonde om die wat nog op sy roete is te ontmoet.
 
Baie dankie aan Die Voortrekkers wat ons almal terug geneem het in tyd om die 1938 fakkelloop te beleef met daardie jaar se fotos en stories. Dit het so mooi afgespeel teen 2018 se digitale Fakkelloop en is ‘n bewys dat alhoewel tye verander, die Voortrekkers wel aanpas en aanhou groei!
 
Vir die wat dit uitgemis het, gaan besoek gerus Die Voortrekkers se fb blad: https://www.facebook.com/DieVoortrekkers/
 
Van ons ALMAL hier by Rooihuiskraal wens ons Kuifie sterkte toe met die laaste ent. Jy is amper daar!
 
HOU KOERS!

Sê jou sê..

%d bloggers like this: