Les: Voortrekkerkode 6

Voortrekkerkode 3: ‘n Voortrekker leer uit die geskiedenis en bou daarop voort.

Afrikaners deel ‘n geskiedenis en tradisie wat die stigting van ‘n verversingstasie deur Jan van Riebeeck in 1652, die Groot Trek, die Tweede Vryheidsoorlog en Republiekwording verteenwoordig.

Oorsprong van die woord Afrikaners: Volgens oorlewering is die woord die eerste keer in 1707 deur ene Hendrick Bibault geuiter in sy uitspraak “Ek been ein Afrikaaner!”. Hy het egter bedoel dat hy “van Afrika” is en homself nie meer as ‘n Europeër beskou nie. Teen die middel van die negentiende eeu word die woord egter meestal gebruik om na Afrikaanssprekendes te verwys.

‘n Brose Suid-Afrika
Buiten die 2020 COVID-19 pandemie wat die hele wêreld raak, is ons land se politiek en ekonomie ook nie op ‘n goeie plek nie. Die droogte en waterprobleme is ook ‘n krisis. Maar die verlede wys ons daar is altyd ‘n toekoms, dis nooit verby nie. Dit is die belangrikste les van geskiedenis, dat dinge verander, dit bly nooit dieselfde nie.

Die fout wat mense maak is om te glo dat die toekoms vir ewig donker gaan wees, maar dit is verkeerd. Die son sal weer skyn. En God het selfs vir ons ‘n pragtige reënboog gegee as Sy belofte dat daar altyd lig en mooi na donker tye is. Kyk net wat sê die Here vir ons in die Bybel in Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.

Deur hoop vir jou toekoms te hê, beteken ook nie jy moet net sit en wag vir die toekoms nie. Jy moet aktief deelneem aan die vorming van ‘n toekoms waarin jy ook vry, veilig en voorspoedig kan leef. Jy moet die Here vra vir leiding in jou besluite, Hy weet reeds wat Hy vir jou beplan, jy moet net luister.

Waar het ons Afrikaner geskiedenis begin? By Jan van Riebeeck wat op 6 April 1652 in Tafelbaai in die Kaap geland het met drie skepe, naamlik, die Reijer, Dromedaris en Goede Hoop.

DOEN: Ons gaan skepe maak! Hoekom? Want dit is die begin van ons Afrikaner geskiedenis.

Daar is drie opsies, jy kan al drie doen of net een;

  • Opsie 1: Vou eenvoudige papier bootjies.
  • Opsie 2: Maak ‘n “pop-up” seilskip.
  • Opsie 3: Maak ‘n meer ingewikkelde papier seilskip.

Opsie 1:
Lekker vinnig en pret om te maak.
Kliek hier om die vergrootte instruksies oop te maak.


Opsie 2:
Maak hierdie oulike “pop-up” skip. Jy kan die swart en wit kopie aflaai en self jou skip inkleur, of die kleur-weergawe aflaai en uitdruk.

Swart en Wit Dokument [433KB pdf]
Kleur Dokument [391KB pdf]


Opsie 3:
Vir die Vories wat ‘n uitdaging soek. Maak hierdie pragtige seilskip uit papier.

Laai die zip-lêer [10.9MB].
Die instruksies en al die uitdruk-blaaie is almal saamgevoeg in die zip-lêer.


LAASTE STAP

Stuur vir ons ‘n foto van jou skip of jou hele vloot. Plaas die fotos op jou span se WhatsApp groep, of stuur per e-pos aan info@rooihuiskraal.org.za

Sê jou sê..

%d bloggers like this: