Museum Oorslaap – September 2017

Rooihuiskraal Voortrekkers wil graag vir Tannie Anita van Sytze Wierda Voortrekkers ‘n groot dankie sê vir die reëlings met die museum oorslaap wat Vrydag, 8 September plaasgevind het en dat jul Rooihuiskraal se PD’s saam genooi het.

Ons het by die “Ditsong National Museum of Natural History” oorgeslaap.

Die PD’s het elke oomblik vreeslik baie geniet en kan nie ophou praat oor die ervaring nie. Gedurende die toer het hul aan gids Bongi se lippe gehang! Die kinders, en ook al die volwassenes was meegevoer op ‘n reis van interessante feite en stories.

Die skattejag was ‘n hoogtepunt van die aand. Almal was in vyf kleur groepe gedeel en elke groep moes 8 leidrade soek en terug versorg aan Bongi.

Baie geluk aan die Wit groep wat gewen het! Sien fotos onder 😉

Daar was ook ‘n verrassingsfliek net voor slaaptyd en die volgende oggend het almal die interaktiewe “Ontdekker Sentrum” geniet. Hier kon hulle selfs fossiele, insekte en nog meer van nader bestudeer.

So tussendeur al die aktiwiteite was daar ook aan spesialisasies gewerk:

Graad 2-3 : Dierewaarneming
Graad 4 : Dierekennis
Graad 5-6 : Varswaterdiere

Weereens baie dankie aan al die organiseerders van die museum en van Sytze Wierda.

Sê jou sê..

%d bloggers like this: