Nuwe Perseel vir Spanvergaderings

Ons het ‘n nuwe perseel bekom vir ons weeklikse spanvergaderings.

Vanaf Woensdag, 6 September 2017 gaan ons by die NG Kerk Rooihuiskraal vergader.

ADRES:
140 Hofsanger Straat
Rooihuiskraal
Centurion

Hierdie nuwe perseel is groter, en die gebruik van die terrein asook van ‘n paar klaskamers is tot ons beskikking.

Byna die hele perseel is onder skadu, net reg vir die heerlike Centurion somer wat nou vinnig oppad is. Ek moet natuurlik noem dat daar ook braai-geriewe is. Ons kan dus elke kwartaal afsluit met ‘n ordentlike braai, ‘n tradisie wat sommer vinnig posgevat het by ons kommando. Braai broodjies en wors braai aan die einde van die eerste kwartaal en sommer malvalekkers oor kerse gebraai met verlede kwartaal se afsluiting 😉

Rooihuiskraal Kommando wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir die NG Kerk Rooihuiskraal te bedank wat hul perseel vir ons beskikbaar gestel het. Dit gee ons meer as genoeg ruimte vir ons kommando om te groei en ook ‘n goeie verhouding met die kerk en die gemeenskap te bou.

Sê jou sê..

%d bloggers like this: