Oordjol 2018 is om die draai!

OORDJOL 2018 – WYNPROE EN WYNAANBIEDING

Alle Voortrekker ouers en offisiere word hartlik uitgenooi na die Oordjol op 18 Augustus 2018 by Sytze Wierda Voortrekkersaal, 149 Friederichestraat, Wierdapark.

TEMA: Wingerde
TYD: 18h30 vir 19h00

Die aand skop af met ‘n wynproe en wynaanbieding met Pieter Swanepoel. Daarna heerlik saam kuier en eet.
Die kinders geniet ‘n koeldrank-proe.

Kostes:

  • R40 per volwassene wat aan wynproe wil deelneem.
  • R20 per volwassene wat nie aan wynproe wil deelneem nie.
  • R10 per kind.

Bevestig asb bywoning per epos (info@rooihuiskraal.org.za) of via ons RHK whatsapp groep voor 14 Augustus 2018. Noem asb ook getalle volgens volwassenes (wynproe of nie) en kinders, dankie.

Betalings word gemaak in RHK se bank rekening: Gebruik asb jul van met RHK vooraan as verwysing. E-pos met meer inligting was uitgestuur na alle ouers en offisiere.

Die jaarlikse oordjol is ‘n heerlike samesyn van al die kommando’s in ons oord (Oord Monument) se volwassenes. So leer ons mekaar beter ken en word nuwe vriende gemaak.

Kom geniet gerus die aand saam ons!

Sê jou sê..

%d bloggers like this: