Oordjol ‘n Groot Sukses

Ons het die afgelope naweek ons Oordjol gehad en wat ‘n heerlike samesyn was dit nie.

Met ‘n tema soos ” ‘n Proe om die Wêreld” kon mens nie anders as lekker eet en heerlik kuier nie.

Van die BBQ Meatballs van Australië tot die Moonshine van Amerika! Dit was ‘n reis om die wêreld soos min, met kos, danse en speletjies van regoor!

Elke kommando het ‘n kontinent voorgestel:

Midstream Voortrekkers: Afrika
Polsslag Voortrekkers: Amerika
Rooihuiskraal Voortrekkers: Australië
Sesmylspruit Voortrekkers: Asië
Sytze Wierda Voortrekkers: Europa

Dankie aan ieder en elk wat die aand so ‘n groot sukses gemaak het.

Sê jou sê..

%d bloggers like this: