Rooihuiskraal 2018 Inlywing Seremonie : Aanstap Rooies! Vorentoe!

Rooihuiskraal Voortrekkerkommando verwelkoming al ons nuwe jeuglede, offisiere en ouers.

Ons het al maande heerlik saam gekuier en is julle almal reeds deel van ons Voortrekker familie, mag julle nog jare se pret en plesier saam ons geniet.

Ons tema vir hierdie jaar se inlywingseremonie is Aanstap Rooies! Vorentoe!

Aanstap Rooies!

Dit is ons kommando se leuse. Hierdie jaar pas dit so mooi in by die Voortrekkers se 2018 tema: Voortrekkers VORENTOE.

Ons leer as mens al van klein tyd af om vorentoe te beweeg. As babatjie kyk jou ogies altyd vorentoe opsoek na jou mamma. Later strek jou armpies uit na vorentoe om opgetel te word en drukkies te ontvang van al die mense wat vir jou lief is. Dan kom die voete, wanneer jy leer loop, leer jy vorentoe loop.

Ons is as mens gemaak, deur God, om vorentoe te beweeg. vorentoe na Hom toe. Waar Hy reeds gereed staan met Sy arms oop om ons te omvou met Sy liefde. Hy het Sy Seun, Jesus gegee om langs ons te loop en ons te help om op die regte pad te bly. Om ons weer te help op ons voete te kom wanneer ons struikel. En om ons lig te wees wanneer ons deur donker tye gaan.

Jesus is daar om ons vorentoe te help tot by God al beteken dit Hy moet ons party dae self dra. Hy is altyd met ons en Hy help ons voetspore maak.

Daardie voetspore is wat jy agterlaat in die wêreld. En alles wat jy doen en gedoen het is afgedruk in daardie spoor. So sorg dat die spore wat julle laat, skoon en rein is. Dat dit goeie spore is vol vriendelikheid, bedraagsaamheid, respek en liefde.

Laat die voetspore wat jul almal agterlaat, ook Voortrekker Spore wees wat ander kan en wil volg… volg na Voortrekker wees, volg na God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Aanstap Rooies!

Rooihuiskraal Dagbestuur wil dan net ook ons dank betoon aan:

  • Ons eregaste, Elsa Schnetler (AGL Admin) en Anita Dreyer (AOL PD Sake) wat die aand ook saam ons gedeel het.
  • Al ons RHK PDs, offisiere en ouers wat gehelp het met die saal en verversings.
  • NG Kerk Rooihuiskraal vir die gebruik van hul perseel.

Hiermee dan so paar fotos van die aand se verrigtinge.

One thought on “Rooihuiskraal 2018 Inlywing Seremonie : Aanstap Rooies! Vorentoe!”

Sê jou sê..

%d bloggers like this: