Ons bord is op!!

Met groot opgewondenheid in die lug, het ons 19 Februarie, ons bord ontvang en opgesit by die perseel waar ons bymekaarkom. Nou kan almal sien waar en hoe laat ons heerlik saam kuier elke week.

Ons wil graag die volgende bedankings deurgee:

  • Aan Rooihuiskraal NG Kerk gemeente, wat ons die geleentheid gun om wel ‘n bord te mag aanskaf.
  • Aan al ons ouers en lede met die aankoop van worsrolle, waarmee ons fondse ingesamel het vir die bord.
  • Aan TruBlu Innovations, wat die ontwerp van die bord gedoen het, en ook vir al ons grafiese ontwerpe verantwoordelik is
  • Aan Arrow Signs, vir die druk van die pragtige bord.
  • en natuurlik aan een van ons pappas, Ronnie, wat aangebied het om die bord te kom vasmaak

So BAIE dankie!!

Sê jou sê..

%d bloggers like this: