Rooihuiskraal Waatlemoenfees

 Rooihuiskraal Voortrekker Kommando se verrigtinge vir 2018 skop af op Woensdag, 24 Januarie 2018.

Ons gaan ‘n groot waatlemoenfees hou. Alle bestaande lede en belangstellendes (Gr.R-12) is welkom om die groot fees en sports mee te maak, SO BRING JOU MAATS!

Trek OU klere of ’n swembroek aan, jy weet mos wat gebeur as daar waatlemoenskille rondlê. Bring asb ‘n 2liter water bottel, gevul met water saam.

Ons kom om 17h00 by NG Kerk Rooihuiskraal te 140 Hofsanger Straat, bymekaar en sal teen 18h15 klaar wees.

Alle ouers is welkom om die uitdaging te aanskou. As u meer wil weet oor die Voortrekkers of oor ons kommando se verrigtinge kom vind meer uit op hierdie Woensdag.

Rooihuiskraal Voortrekkers Waatlemoenfees

Sê jou sê..

%d bloggers like this: