Volwasse Voortrekkerlede: Nasionale Offisieresaamtrek 2020

Die Voortrekkers is nie slegs vir die jeug nie.

 
As volwasse lid is dit nie net ‘n sielsverrykende ervaring om met die kinders te werk nie, maar ook jou kennis en vaardighede uit te brei.
 
Buiten ons Gebiedskampe wat elke vakansie plaasvind, het ons ook:
 
Ons jaarlikse Vorie-saamtrek waar, voorheen, dit slegs per Gebied aangebied was. Vir die eerste keer, was dit hierdie jaar Nasionaal, wat Vories reg oor Suid-Afrika en Namibië ingesluit het. Verrykingskursusse word tydens die saamtrek aangebied en ons het natuurlik ook lekker pret!
 
As volwasse lid maak jy nie net ‘n verskil in ‘n kind se lewe nie, maar ook in jou eie! Net soos jy nie jou kind die geleentheid sal ontgun vir persoonlike, liggaamlike en geestelike groei nie, moenie jouself ook hierdie geleentheid ontgun nie.
 
By Die Voortrekkers is ons nie ook net vriende nie, maar jy behoort aan ‘n familie!!
 
BRING DIE HELE GESIN EN KOM KUIER WOENSDAG 29 JANUARIE VIR ONS!!
 
Rooihuiskraal Voortrekkers se Formele Jaaropening en OPEDAG vanaf
17:00 to 19:00 by RHK NG KERK te Hofsangerstraat 140, Rooihuiskraal.

Kliek hier om kalender inskrywing te besigtig.

 
Vir navrae, e-pos ons by info@rooihuiskraal.org.za of los vir ons ‘n boodskap in die kommentaar afdeling onder.

Sê jou sê..

%d bloggers like this: