Voortrekkers is vir die hele gesin!

Met die 2019 Oordjol van Monument Voortrekkers, was dit net weereens bewys dat die hele gesin Voortrekkers saam kan geniet.

Hierdie jaar se tema was: PaSSSop
Sop – Speletjies – Sjokolades

Ons almal het in klein spanne verdeel, van 2-4 persone per span en elke 20 minute geroteer. Party was as ‘n gesin in ‘n span, ander kleiner gesinne het saam ander spanne gevorm, en die groter gesinne het opgedeel en ook saam ander spanne gevorm.

Die groot verskeidenheid speletjies het gesorg vir ure se pret. En met 20 minute per spel het die tyd net te vinnig verby gegaan.

‘n Beter ysbreker as Musikale Stoele kry ‘n mens nie sommer nie. En om hierdie speletjie te kon speel met die sing van lekker Afrikaanse en Voortrekkerliedjies was ‘n BONUS!! Met een ronde het almal so lekker gesing, en skoon vergeet om te stop toe daar gewys was STOP 😀

Daar was ou bekendes soos: Slangetjies en Leertjies, Jenga, Ludo en 30-sekondes. Die Afrikaanse bordspel; Die Volgende Stap het ook die lagspiere geroer. Die Albasterbaanbou was ‘n GROOT treffer!

Buite langs die kuier-vuur was sakkie-gooi en twee nuwelinge: Staan Soldaat wat met riete gespeel word, en ‘n Doolhof-bord waarby die span balle deur ‘n klein gat moet laat val en die groot gat mis.

BAIE dankie aan Alet Victor wat al die reëlings gehandhaaf het. Dankie ook aan elke kommando en ouer en kind wat ‘n bydrae gemaak het om die aand ‘n sukses te maak. En natuurlik aan al die bo-baas shefs, die sop en broodjies was heerlik.

Ons doen volgende jaar weer so!

 

Sê jou sê..

%d bloggers like this: